3889 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-08-2019 (vlak 3)



vorige toets 21 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-08-2019 só ingevul:



Die ........ omstandighede in die minder gegoede buurte in en om die middestad hou groot kommer vir die munisipale regering in.


32 % (afgerond)sosioëkonomiese of sosio-ekonomiese 
4 % (afgerond)slegs sosioëkonomiese
61 % (afgerond)slegs sosio-ekonomiese
3 % (afgerond)slegs sosioekonomiese

'n Deelteken of 'n koppelteken word gebruik in verbindings waar 'n opeenvolging van vokaalletters verkeerd gelees kan word en voorvoegsels van Klassieke herkoms betrokke is.
Ander voorbeelde sluit in: "infraäkoesties" of "infra-akoesties" en "koöperasie" of "ko-operasie". (Bron: AWS 5.6)
Sien ook die bladsy Deelteken.




Wakkerstroom bied weer vanjaar die immergewilde ........ aan.


klassieke musiek fees
1 % (afgerond)klassieke musiek-fees
17 % (afgerond)klassieke musiekfees
81 % (afgerond)klassiekemusiekfees 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "klassieke" + selfstandige naamwoord "musiek") en ʼn selfstandige naamwoord "fees".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Job se lewe het gespreek van ........ .


24 % (afgerond)Godvresendheid of godvresendheid
20 % (afgerond)slegs Godvresendheid
56 % (afgerond)slegs godvresendheid 

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Idioom: Bietjie ........ maar klipsteenhard.


6 % (afgerond)slu
5 % (afgerond)vreemd
11 % (afgerond)sag
78 % (afgerond)baard 

Die idioom "bietjie baard maar klipsteenhard" word gesê van 'n 'geslepe of ervare mens'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
62% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties