3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 20 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-09-2019 só ingevul:



Wat is die ........ van jou skoen?


77 % (afgerond)grootte 
12 % (afgerond)groote
11 % (afgerond)grote

"Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Ná die skokkende nuus het sy ........ .


12 % (afgerond)verstaar
1 % (afgerond)geverstar
3 % (afgerond)gestar
84 % (afgerond)verstar 

Woorde wat met "be-", "ge-", "her-", "er-", "ont-" en "ver-" begin ("verstar"), kry nie ʼn "ge-" in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Ouma verpes dit as Gert kom kuier, want hy rook soos 'n ........ .


2 % (afgerond)trekker
2 % (afgerond)lokomotief
92 % (afgerond)skoorsteen 
3 % (afgerond)kaggel

Die vergelyking 'rook soos 'n skoorsteen' verwys na iemand wat aanhoudend rook.
Sien ook die bladsy Vergelykings.




Die passasierskip vaar gereeld om die wêreld.
Wat is die woordsoort van "om" in bostaande sin?



14 % (afgerond)lidwoord
58 % (afgerond)voorsetsel 
14 % (afgerond)voornaamwoord
14 % (afgerond)tussenwerpsel

Voorsetsels is kort woorde wat die relatiewe posisie of verhouding tussen twee elemente aandui.
'n Mens kan gewoonlik 'n lidwoord en naamwoord (byvoorbeeld 'n meubelstuk) ná 'n voorsetsel gebruik, byvoorbeeld "om die wêreld" en "op die tafel".

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties