3838 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 23 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-09-2019 só ingevul:



Dit was so ........ of hy het in my vasgery.


14 % (afgerond)hitette
15 % (afgerond)hitete
58 % (afgerond)hittete 
13 % (afgerond)hittette

’n Konsonant in eg Afrikaanse woorde wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van ’n woord dra, word verdubbel (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Ondersoek die beeste se ........ om te kyk of hul tande gesond is.


1 % (afgerond)bekks
3 % (afgerond)bekkens
4 % (afgerond)beks
91 % (afgerond)bekke 

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig ("bek"), kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




’n Ander naam vir ’n swaardlelie is ’n ........ .


24 % (afgerond)Gladiolus
14 % (afgerond)gladioles
8 % (afgerond)Gladioles
54 % (afgerond)gladiolus 

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Moenie jou skoene so verniel nie.
Ons huis is deur 'n hewige storm beskadig.
Die woorde "verniel" en "beskadig" in bostaande sinne is ........ .


5 % (afgerond)antonieme
10 % (afgerond)homonieme
6 % (afgerond)homofone
80 % (afgerond)sinonieme 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "verniel" en "beskadig".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties