2199 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 07 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-08-2025 só ingevul:



Sorg dat jy altyd ʼn ........ in jou bankrekening het.
saltdo
saldoe
99 % (afgerond)saldo 

Vreemde woorde ("saldo") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Die misdadigers het die egpaar van die lughawe af ........ .
2 % (afgerond)agtergevolg
4 % (afgerond)geagtervolg
95 % (afgerond)agtervolg 
agter gevolg

Werkwoorde wat uit meer as een lettergreep bestaan waarvan die klem nie op die eerste lettergreep val nie, kry nie ’n “ge-“ in die verlede tyd nie (AWS 17.1).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Eerwaarde Allan Hendrickse het in 1984 die verkiesing in die ... gewen.
2 % (afgerond)slegs huis van verteenwoordigers
79 % (afgerond)slegs Huis van Verteenwoordigers 
19 % (afgerond)huis van verteenwoordigers of Huis van Verteenwoordigers

Soortname wat as eiename optree, kry hoofletters, byvoorbeeld "Huis van Verteenwoordigers", Departement van Binnelandse Sake", Afrikaanse Hoër Seunskool en Slag van Magersfontein (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Candice wil Vrydagaand uitgaan.
Wat is die woordsoort van "uitgaan" in bostaande sin?
11 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
7 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
51 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord 
31 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die slang pik vir Nomsa. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Candice wil Vrydagaand uitgaan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties