2215 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 30-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 30 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-07-2025 só ingevul:



Die ........ is dringend ontbied nadat die president onverwags in die hospitaal opgeneem is vir waarneming.
21 % (afgerond)hoof mediese beampte
49 % (afgerond)hoof- mediese beampte of hoof mediese beampte
20 % (afgerond)hoof- mediese beampte  
10 % (afgerond)hoof-mediese-beampte

Afstandsamestellings word met 'n koppelteken geskryf. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord is die skryfwyse egter vas, d.w.s. "hoofbeampte".
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die polisie dra ........ baadjies as hulle in gevaarlike gebiede beweeg.
97 % (afgerond)koeëlvaste 
1 % (afgerond)koeëlvas
1 % (afgerond)koelvas
2 % (afgerond)koelvaste

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



As ʼn dier skielik die ........ kwytraak, het hy dalk hondsdolheid.

1 % (afgerond)klets
18 % (afgerond)klits
82 % (afgerond)kluts 

Die uitdrukking "die kluts kwytraak", beteken 'deurmekaar wees'. Die Nederlandse woord "klutsen" beteken 'om dinge saam te klop'. Die uitdrukking kom moontlik uit die handpapiermakery toe werkers die slag kwyt raak om die papiervloeistof egalig oor die vorm te versprei.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Iemand wat in Amsterdam woon, is 'n ........ .
Amersterdam
2 % (afgerond)Amsterdamiet
1 % (afgerond)Amsterdammenaar
97 % (afgerond)Amsterdammer 

Iemand wat van Amsterdam kom, is 'n Amsterdammer en het Amsterdamse gewoontes.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties