3121 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 09-05-2024 (vlak 2)



vorige toets 09 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 09-05-2024 só ingevul:



Die woorde "laksman" en "janfiskaal" is ........ .


8 % (afgerond)antonieme
3 % (afgerond)homofone
4 % (afgerond)homonieme
85 % (afgerond)sinonieme 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Dit is ʼn werk wat groot ........ vaardigheid vereis.


23 % (afgerond)intelektuele
intelek
intellektueel
76 % (afgerond)intellektuele 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("intellektueel"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Julle kan by ons kom kuier, ........ Jan.


12 % (afgerond)Oom
88 % (afgerond)oom 

Indien 'n eienaam in 'n aanspreek- of aanhefvorm bygevoeg word, begin die aanspreek- of aanhefvorm met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.




Die bottel is goed gekurk.
Wat is die woordsoort van "bottel" in bostaande sin?


1 % (afgerond)adjektief
voegwoord
1 % (afgerond)bywoord
98 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “bottel - die bottel – bottels”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties