08 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-04-2021 só ingevul:
Daar is baie ........ tussen die werk van ʼn dokter en dié van ʼn veearts.
parralelle parrallelle parallelle paralelle
Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “parallel”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”. Die woord "parallel" kom van die Grieks "para + allelos" wat 'mekaar' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Vind asseblief die ........ tjek as blyke van dankbaarheid vir u diens.
ingeslood ingeslote ingeslode ingesloot
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Profete en apostels is ........ .
godsgesante godsgesante of Godsgesante Godsgesante
Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Vertel vir ons waar julle mekaar ontmoet het. Wat is die woordsoort van "mekaar" in bostaande sin?
'n Wederkerige voornaamwoord lyk baie soos 'n wederkerende voornaamwoord, maar verwys na meerdere persone, wat dikwels as onderwerp van de sin voorkom. Byvoorbeeld: Jan en Piet sien mekaar gereeld. Dit wil sê: Jan sien Piet en Piet sien Jan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)