3795 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-03-2021 (vlak 2)



vorige toets 02 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-03-2021 só ingevul:



Wat is die vergelykende trap van "voor op die wa"?


3 % (afgerond)voor-op-die-waste
18 % (afgerond)mees voor op die wa
3 % (afgerond)voor-op-die-waër
76 % (afgerond)meer voor op die wa 

Volgens die AWS is "voor op die wa" se vergelykende trap "meer voor op die wa".
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Gert is in ʼn ........ toestand in die hospitaal ná die skietery.



1 % (afgerond)bedenklik
95 % (afgerond)bedenklike 
4 % (afgerond)bedenklikke

Konsonante wat op ’n [ə] volg, word nie verdubbel nie, byvoorbeeld "bedenklike", "onmiddellike" en "monnike" (AWS 11.28a).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Rusland en ........ is weer haaks oor die voorsiening van gas aan die res van Europa.


30 % (afgerond)die Oekraïne of Oekraïne
29 % (afgerond)slegs die Oekraïne
13 % (afgerond)die Oekraïene of Oekraïene
29 % (afgerond)slegs Oekraïne 

Name van onafhanklike lande word nie voorafgegaan deur die lidwoord "die" nie. Ons skryf dus "Kongo" (en nie "die Kongo" nie) en "Soedan" (en nie "die Soedan" nie). Lees meer oor Oekraïne by: https://af.wikipedia.org/wiki/Oekraïne
Sien ook die bladsy Plekname.




Is R200 die ........ wat jy vir jou ou fiets sal aanvaar?



mieniemum
1 % (afgerond)miniemum
mienimum
99 % (afgerond)minimum 

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “minimum”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Die woord "minimum" kom van die Latynse "minimus" wat 'minste' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties