26 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-05-2022 só ingevul:
Die storm het groot skade aan geboue en huise ........ .
aangemaak aangetas aangerig aangedoen
Die woord "aanrig" beteken 'veroorsaak', byvoorbeeld: Die storm het groot skade aangerig. Die woord "aandoen" beteken 'besoek' of 'laat ondervind'. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die stoute kind het darem ’n ........ houding.
brutaal brute brutale bruut
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("brutaal"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan en word "brutale". Die woord "brutaal" beteken ‘onbeskof’ of ‘parmantig’.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
'n Peettante is ........
die vrou van oom Peet. die vrou wat die ouers van die kind by die doop beloof om hulle te help om na die kind te kyk. die tannie wat kyk dat kinders nie peuter nie. jou pa se suster.
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “peettante”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. Die woord "peettante" of "peetma" is die vrou wat die ouers beloof om te help om na die kinders om te sien. Dit kom van die Latynse woord "patrinus" wat 'van die vader' beteken.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
Af en toe vaar ʼn boot op die kanaal verby. Onder watter kategorie van die betrokke woordsoort val "kanaal" in bostaande sin?
massaname eiename abstrakte naamwoorde soortname
Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "kanaal", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)