25 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-04-2024 só ingevul:
Die aand toe ek en my vriende in die begraafplaas gaan piekniek hou het, is maklik die ........ ding wat ek in my lewe gedoen het.
slegs makaberste
mees makabere of mees makaberste makaberste of mees makabere
slegs mees makaberste
"Makaber", "energiek" en "esteties" is soortgelyk wat betref hul oortreffende trap. Al drie kan vervoeg word deur 'n "-ste"-agtervoegsel, óf met "mees" en 'n "-e"-agtervoegsel.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Sommige mense gebruik ........ om bloeding te stop as hulle hul raak geskeer het.
allein
alluin aluin
alein
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “alein” in plaas van die korrekte “aluin”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Dis 'n volwaardige ........ wat op veiling is.
stoet Jersey
stoet jersey
Stoetjersey of stoetjersey stoet-Jersey of stoetjersey
In 'n eienaamverbinding wat optree as soortnaam en wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("stoet") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Jersey"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf ("stoet-Jersey"). Indien eienaamverbleking plaasgevind het, kan die twee dele ook sonder koppelteken vas geskryf word ("stoetjersey").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.
'n Sinoniem vir die woord "bysiende" is ........ .
nabysiende
biopies miopies
versiende
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "bysiende" is van Germaanse oorsprong; die woord "miopies" kom van die Griekse woorde "muo" wat 'toemaak' beteken, en "ops" wat 'oog' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)