ʼn Samestelling ("modeontwerper") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("mode" en "ontwerper") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Liesel ........ inspireer vele vroue om voluit te leef.
Krause-Wiid
Krause-wiid
Krausewiid
By dubbelloopname en -vanne, dit wil sê name en vanne wat bestaan uit twee dele wat met 'n koppelteken verbind word, begin elke deel van die gekoppelde voornaam of van gewoonlik met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.
Idioom: Die ........ met iemand skeer.
baard
snor gek
Die idioom "die gek met iemand skeer" beteken 'iemand vir die gek hou'. In Ou Nederlands beteken "scheren" 'om voor te doen as'. Om dus met iemand die gek te skeer was om hom/haar as 'n gek voor te stel. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)