03 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-05-2024 só ingevul:
Ambagslui en arbeiders ontvang ʼn loon. 'n Sinoniem vir "'n loon" in bostaande sin is ........ .
'n sertifikaat
'n pensioen
middagete betaling
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "loon - betaling", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Kyk daardie ........ karretjie!
kodigge
koddig
koddigge koddige
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("koddig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan en word "koddige".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Ek gaan beslis nie saam met Ellen vakansie hou nie; sy wil heeltyd almal ........ en gebied.
hied
huut hiet
huud
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: "hiet en gebied", "met hart en siel"; "teen wil en dank" en "met raad en daad".
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die minister het 'n nuwe standbeeld onthul. Wat is die woordsoort van "onthul" in bostaande sin?
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "onthul" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)