03 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-05-2024 só ingevul:
In die ........ het Oos-Duitsland geweldige ekonomiese groei beleef.
post-koue oorlog-jare post-Koue Oorlog-jare
post Koue Oorlog jare
post-koue-oorlog-jare
In samestellings waarin 'n eienaam voorkom, word die integriteit van die eienaam behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Hierdie sjokolade is tog te lekker! Wat is die woordsoort van "te" in bostaande sin?
partikel
voegwoord
tussenwerpsel
skakelwerkwoord
Partikels of deeltjies is kort woorde wat gewoonlik op hul eie geen betekenis het nie, byvoorbeeld die tweede “nie” in ’n sin, “se”, die “te” wat graad aandui, “van” wat ’n gedeelte aandui, “so” en “soos”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
'n Regiment is 'n ........ .
eetplek vir soldate
voertuig vir soldate eenheid soldate
slaapsaal vir soldate
'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Ons sal tydens die reses 'n besoek bring aan ........ Gumede.
haar Edele Regter
haar edele regter
Haar Edele Regter Haar Edele regter
Die dele van sekere geformaliseerde aanspreekvorme van hoogwaardigheidsbekleërs begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)