02 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-04-2024 só ingevul:
Die bokser is in die tweede ronde ........ .
uitgeklop
geuitklop
uit geklop
geüiklop
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Die saak word vanmiddag in die Parlement ........ .
gedebateer
debateer gedebatteer
debatteer
As ’n stam van ’n woord uitgaan op [a], [ε], [ͻ], [ә] of [œ] en ’n konsonant, word die konsonant in die afleidings verdubbel, byvoorbeeld “debatteer”, “detailleer”, “blikkie”, “beddens”, “kramatte” (AWS 11.26).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Die geestelike leier van ʼn Joodse gemeente is 'n ........ .
rabie rabbi
Rabie
Rabbi
ʼn Persoonsnaam is ʼn selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “rabbi”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die gereg bestaan uit 'n ........ bestanddele.
verskydenheid
variteit verskeidenheid
variëteit
Die woord "verskeidenheid" beteken 'n "versameling/groep/klomp dinge van verskillende soorte"; die woord "variëteit" verwys na "verskillende vorme van dieselfde saak", byvoorbeeld "variëteite van 'n taal". (Bron HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)