19 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-04-2024 só ingevul:
Die dominee het die diens met ʼn ........ afgesluit.
gebed
gebit
gebid
gebod
Iemand wat "bid" sê ’n "gebed" op. Die verlede tyd van "bid", is "gebid". Die meervoud van "gebed" is "gebede".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Kyk die ........ daar in die veld!
fisante
fisants
fisantes
fisantens
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Almal was in rep en ........ om alles gereed te kry vir die konsert.
klep
schlep roer
rap
Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “in rep en roer”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die kerk is ʼn bekende baken op die dorp. Wat is die woordsoort van "baken" in bostaande sin?
’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “baken - die baken – bakens”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)