25 JUL (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-07-2025 só ingevul:
Hulle het die voeding hoofsaaklik ........ aan die pasiënt gegee.
binne-aars binneaars binne aars
Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel (die "-s") wat 'n woordgroep ("binne aar") saambind tot 'n woord. Die woord word dan vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Waarvoor staan die akroniem "BSc"?
Bacalaureus Scientiae Baccalaureus Scientae Baccalaureus Scientiae Bacalaureus Scientae
Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Idioom: ........ raas gewoonlik as dit uit die vat kom.
Water Wyn Brandewyn Bier
Die idioom "brandewyn raas gewoonlik as dit uit die vat kom", beteken 'besope mense is gewoonlik luidrugtig'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die hoofstad van Ghana is ........ .
Akkra of Accra slegs Akkra slegs Accra Akra of Acra
Sommige plekname word verafrikaans. In die geval van die hoofstad van Ghana word albei spellings "Akkra" en "Accra" erken. 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname is agter in die AWS.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)