2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 14 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 14-08-2024 só ingevul:



Die ........ omstandighede in die minder gegoede buurte in en om die middestad hou groot kommer vir die munisipale regering in.
7 % (afgerond)slegs sosioekonomiese
43 % (afgerond)sosioëkonomiese of sosio-ekonomiese 
48 % (afgerond)slegs sosio-ekonomiese
2 % (afgerond)slegs sosioëkonomiese

'n Deelteken of 'n koppelteken word gebruik in verbindings waar 'n opeenvolging van vokaalletters verkeerd gelees kan word en voorvoegsels van Klassieke herkoms betrokke is.
Ander voorbeelde sluit in: "infraäkoesties" of "infra-akoesties" en "koöperasie" of "ko-operasie". (Bron: AWS 5.6)
Sien ook die bladsy Deelteken.



Ons het rêrig 'n nuwe luidsprekerstelsel nodig. Ons sal die ........ daaroor moet nader.
1 % (afgerond)fasiliteitsekommissie
1 % (afgerond)fasiliteit
28 % (afgerond)fasiliteitskommissie
70 % (afgerond)fasiliteitekommissie 

By sommige samestellings is verbindingsklanke ("-s", "-e-", -"er-", "ens") verpligtend, byvoorbeeld "beklaenswaardig", "distriksgeneesheer", "etenstyd" en "fasiliteitekommissie".
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



........ het besluit om hulle skoene vir liefdadigheid te skenk.
5-honderd Mense
18 % (afgerond)500 Mense
2 % (afgerond)5-honderd mense
80 % (afgerond)500 mense 

Vermy dit sover as moontlik om 'n sin met syfer te begin. As dit egter nie anders kan nie, word die eerste woord ná die syfer, getal of simbool met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



Die bekende akteur is by die begraafplaas ........ gelê.
24 %slegs te ruste
3 % (afgerond)ten ruste
14 % (afgerond)slegs ter ruste
59 % (afgerond)ter ruste of te ruste 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “ter ruste lê”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. Die AWS erken ook die spelling "te ruste" naas "ter ruste".
Sien ook die bladsy Kollokasies.



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties