2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 23 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-08-2024 só ingevul:



Duitsland se sterk ekonomie kan toegeskryf word aan ........ en goeie beleid.
13 % (afgerond)Eerste wêreld ekonomiese infrastruktuur
24 % (afgerond)Eerste-wêreld-ekonomiese-infrastruktuur
4 % (afgerond)Eerste-wêreld- ekonomiese -infrastruktuur
59 % (afgerond)Eerste Wêreld- ekonomiese infrastruktuur 

By afstandsamestellings is ʼn koppelteken volgens die nuwe AWS verpligtend. In samestellings met eiename word die integriteit van die eienaam, in die geval "Eerste Wêreld", behou.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Die Afrikaanse vertaling van "cubby-hole" is ........ .

1 % (afgerond)kabbiehoul
98 % (afgerond)paneelkissie  
cubby-hole

Die Afrikaans vir die Engelse woord "cubby-hole" is "paneelkissie", "paneelkassie" of "mossienes".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



........ , soos ek gedink het, het jy nie die paal gehaal nie.
7 % (afgerond)Janee
15 % (afgerond)Ja nee
72 % (afgerond)Ja-nee 
6 % (afgerond)Ja, nee

Tussenwerpsels word gebruik om emosies uit te druk.
"Ja-nee!" beteken 'seker', 'stellig' of 'ongetwyfeld'.
Sien ook die bladsy Tussenwerpsels.



Nigerië het vier buurlande, naamlik Benin, Kameroen, Niger en ........ ?
49 % (afgerond)Tsjad 
42 % (afgerond)Tsjaad
4 % (afgerond)Tshad
5 % (afgerond)Chad

Die Republiek Tsjad (voorheen Tsjaad; Engels: Chad) is 'n land in Sentraal-Afrika. Dit grens aan Libië in die noorde, die Soedan in die ooste, die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die suide, Kameroen en Nigerië in die suidweste en Niger in die weste.
Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Tsjad
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties