2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 26 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-08-2024 só ingevul:



Die ........ ingenieur, Johan Marx, het sopas die planne vir die nuwe brug oor die snelweg goedgekeur.
1 % (afgerond)cifiele
21 % (afgerond)civiele
76 % (afgerond)siviele 
3 % (afgerond)sifiele

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Die duiwe het ........ toe die skoot klap.
94 % (afgerond)opgevlieg 
geopvlieg
6 % (afgerond)op gevlieg

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep dra ("opvlieg"), vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat elke jaar op die Maandag na Paasfees gevier word?
17 % (afgerond)Familiedag
38 % (afgerond)Gesinsdag 
39 % (afgerond)Paasmaandag
5 % (afgerond)Paas Maandag

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf. Die amptelike naam van die vakansiedag op die Maandag ná die Paasnaweek is Gesinsdag (in Engels "Family Day").
Sien ook die bladsy Feesdae.



Dit was ʼn tyd van groot verdriet.
'n Sinoniem vir die woord "verdriet" is ........ .
2 % (afgerond)vreugde
genoegdoening
3 % (afgerond)bitterheid
95 % (afgerond)hartseer 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties