2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-08-2024 (vlak 3)



vorige toets 26 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-08-2024 só ingevul:



Die Russiese politikus wat in 2012 tot 'n derde termyn as sy land se president verkies is, heet ........ .
6 % (afgerond)Wladimir Putin
42 % (afgerond)Vladimir Putin
52 % (afgerond)Wladimir Poetin 

Aangesien Russiese woorde en name in die Cyrilliese alfabet geskryf word, moet dit eers getranslitereer word voordat dit opgeneem kan word in tekste van tale wat van die Latynse alfabet gebruik maak, soos Afrikaans, Engels, Duits of Frans. Elkeen van hierdie tale het hul eie transliterasiereëls om sulke woorde so leesbaar en "volkseie" as moontlik aan te bied. Die Russiese skryfwyse van die naam "Wladimir Poetin" is "Владимир Путин". Die ekwivalente Engelse en Duitse transliterasies daarvan is onderskeidelik "Vladimir Putin" en "Wladimir Putin".
(Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Wladimir_Poetin)

Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Die kangaroe ........ in die verte. Sy soek waarskynlik na die ander kangaroes.
18 % (afgerond)blaas
5 % (afgerond)lag
58 % (afgerond)hoes 
19 % (afgerond)snork

Makoue en gans blaas, varke snork en hiënas lag.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.



Ek hou daarvan om in ........ rond te snuffel; 'n mens kom baiekeer op iets interessants af.
87 % (afgerond)tweedehandseboekwinkels 
12 % (afgerond)tweedehandse boekwinkels
tweede handse boek winkels
tweede handse boekwinkels

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "boek") en ʼn selfstandige naamwoord "winkel", byvoorbeeld "hoëhakskoen" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Ons wag dat die regering die plan moet implementeer.
Wat is die woordsoort van "implementeer" in bostaande sin?
6 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord
14 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
9 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
71 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die regering moet 'n plan implementeer. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
67% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties