2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 29-08-2024 (vlak 1)



vorige toets 29 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-08-2024 só ingevul:



Ek sal 'n ........ moet kry om by my doelwitte uit te kom.
8 % (afgerond)vyfjaar plan
87 % (afgerond)vyfjaarplan 
2 % (afgerond)vyf jaar plan
3 % (afgerond)vyf jaarplan

Samestellende samestellings bestaan tipies uit die verbinding tussen 'n woordgroep ("vyf" + "jaar") en 'n selfstandige naamwoord ("plan") en word vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die boere is vanjaar met 'n goeie oes ........ .
4 % (afgerond)geseen
95 %geseën 
1 % (afgerond)geseun
gese-en

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Hoe kaler jonker, hoe ........ .

5 %stouter in die donker
6 % (afgerond)beter die pronker
1 % (afgerond)dieper die donker
89 % (afgerond)groter pronker 

Die idioom "hoe kaler jonker, hoe groter pronker", beteken 'wie die minste besit, spog gewoonlik die grootste'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Daar is 'n baie goeie universiteit in ........ .
99 % (afgerond)Tilburg 
tilburg
1 % (afgerond)Tilburg of tilburg

Geografiese name, byvoorbeeld van dorpe, stede en woonbuurte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties