30 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-08-2024 só ingevul:
Die woorde "lap", "doek" en "materiaal" is ........ van mekaar.
homofone
antonieme sinonieme
homonieme
Sinonieme ("lap", "doek", en "materiaal") is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Die ruiter het die perd ’n paar ........ gegee dat hy vinniger moet hardloop.
rappens
rappe rapse
rapsens
Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Tydens 'n besoek aan my ma is ou ........ weer oopgekrap.
wonde
bokse
kaste
gate
Die idioom "ou wonde oopkrap", beteken 'oor sake praat wat vroeër onaangenaamheid veroorsaak het'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Die voorsitter open die vergadering. Wat is die woordsoort van "open" in bostaande sin?
voornaamwoord werkwoord
byvoeglike naamwoord
selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "open - geopen".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)