03 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-09-2024 só ingevul:
Die maatskappy moes vanjaar verskeie poste besnoei. Watter woordsoort is die woord "besnoei" in die sin hierbo?
bywoord werkwoord
byvoeglike naamwoord
selfstandige naamwoord
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "ontruim" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Weens die droogte moes boere byna al hul skape ........ .
keel af sny keelaf sny
keelafsny
keel afsny
Die woord "keelaf" is 'n samestelling van 'n naamwoord "keel" en 'n setsel "af". Ander voorbeelde sluit in "bergop", "dagin en daguit", "koopaf" en "stroomop". Samestellings moet vas geskryf word (AWS 15.3).
Sien ook die bladsy Samestellings.
........ , maar dan sal jy ’n ander plan moet maak!
O
Oo
oo
o
Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.
Uitdrukking: 'n Mens moet by die ........ begin.
kop begin
middel
stert
Die uitdrukking "'n mens moet by die begin begin", beteken ''n Mens moet 'n taak op 'n stelselmatige manier doen.' (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)