05 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 05-09-2024 só ingevul:
Deel van die werk van ons administratiewe personeel is om klagtes oor finansies ........ .
optevolg op te volg
op tevolg
opte volg
Ons het hier met 'n infinitiefvorm te doen. Wanneer 'n werkwoord soos "opvolg" in die infinitiefvorm geskryf word, word dit los geskryf met die infinitiefpartikel "te" tussen die geskeide dele. Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder: infinitiefpartikel – die “te” in 'om te' besitspartikel – “se” vergelykings partikel – “so” en “soos” skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die klein bokkies het op die ........ baljaar.
luserinbale
luserenbale lusernbale
lusêrnbale
By sommige medeklinkerkombinasies word daar 'n vokaal uitgespreek, alhoewel 'n klinker nie in die spelling voorkom nie.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.
Die huis is toegerus met drie slaapkamers, twee badkamers en 'n ........ .
oopplan-sit- en -eetkamer
oopplan-sitkamer- en eetkamer oopplan-sit-en-eetkamer
oopplan-sit en eetkamer
Omdat ons hier met een vertrek te make het, word die hele woordgroep aan mekaar gekoppel.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)