06 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-09-2024 só ingevul:
Die voorsitter word ........ benoem.
vyf-jaarliks vyfjaarliks
vyf jaarliks
vyfsjaarliks
Samestellende afleidings bestaan uit 'n voor- of agtervoegsel ("-liks") wat 'n woordgroep ("vyf jaar") saambind tot 'n woord (wat dan vas geskryf word).
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Die baan het die ruiters se vernuf tot die uiterste beproef. Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val die woord "vernuf" in bostaande sin?
Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "vernuf", "godsdiens", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Iemand wat dieselfde naam as jy dra, is jou naamgenoot of jou ........ .
benaamde
genaamd genant
benoemde
'n Sinoniem vir "naamgenoot" is "genant".
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.
Charlemagne staan in Afrikaans bekend as ........ .
Karel die Grote
Karel Die Grote
Karel Die Grootte
Karel die Grootte
Aan sommige name word 'n bepaling toegevoeg wat deel van die naam van die betrokke persoon word; dit word 'n toenaam genoem. In so 'n geval begin die hoofdele van die toenaam (byvoorbeeld telwoorde of byvoeglike naamwoorde, maar nie lidwoorde nie) met 'n hoofletter. "Grote" verwys na iets of iemand wat groot is ('a big/large one'), terwyl "grootte" na die omvang verwys ('size').
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)