2243 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-01-2025 (vlak 1)



vorige toets 02 JAN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-01-2025 só ingevul:



Jy moet jou kind ........ om harder te werk.
an por
3 % (afgerond)anpor
2 % (afgerond)aan por
94 % (afgerond)aanpor 

ʼn Samestelling ("aanpor") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("aan" en "por") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ van wynboere besit saam die wynkelder.
50 % (afgerond)koöperasie
2 % (afgerond)korperasie
47 % (afgerond)koöperasie of ko-operasie 
1 % (afgerond)ko-operasie

’n Deelteken of ’n koppelteken word gebruik in verbindings waar ’n opeenvolging van vokaalletters verkeerd gelees kan word en waar voorvoegsels van Klassieke herkoms betrokke is. Ander voorbeelde sluit in: "infraäkoesties" of "infra-akoesties" en "mikroörganisme" of "mikro-organisme" (AWS 5.6).
Sien ook die bladsy Deelteken.



Idioom: Ek wil graag vir Natasha 'n ........ gee vir al haar moeite met die reëlings.
1 % (afgerond)loesing
2 % (afgerond)veer
82 % (afgerond)pluimpie 
14 % (afgerond)geskenk

Die uitdrukking "vir iemand 'n pluimpie gee", beteken 'iemand prys vir sy/haar goeie werk'. Die woord "pluim" beteken 'veer'. Vergelyk dus die Engelse uitdrukking "a feather in one's cap".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



........ plaas is menige stedeling se begeerte.
'N Afgeleë
98 % (afgerond)'n Afgeleë 
1 % (afgerond)'n afgeleë
1 % (afgerond)'N afgeleë

Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord ('n) begin - dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties