2370 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 10 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 10-09-2024 só ingevul:



My motor se ratte lol al 'n hele ruk.
Wat is die woordsoort van "lol" in bostaande sin?
1 % (afgerond)voegwoord
3 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
4 % (afgerond)bywoord
92 % (afgerond)werkwoord 

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "lol - gelol".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



Die atleet ........ .

98 % (afgerond)wissel sy oefeninge af 
2 % (afgerond)afwissel sy oefeninge
sy oefeninge afwissel

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die atleet wissel sy oefeninge af” en “Die atleet moet sy oefeninge afwissel”.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Wat is die naam van die openbare vakansiedag wat op 1 Januarie gevier word?
Nuwe Jaarsdag
1 % (afgerond)nuwejaars dag
2 % (afgerond)Nuwejaars Dag
97 % (afgerond)Nuwejaarsdag 

Die name van openbare vakansiedae word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Idioom: ........ sê op alles.
83 % (afgerond)Amen 
1 % (afgerond)Miskien
15 % (afgerond)Ja
1 % (afgerond)Asseblief

Hierdie idioom beteken 'alles goedkeur'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties