2370 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-09-2024 (vlak 1)



vorige toets 11 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-09-2024 só ingevul:



Hulle woon ........ van ons af.
2 % (afgerond)myls
97 % (afgerond)myle 
1 % (afgerond)mylens

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal beklemtoon is, kry ’n “-e” in die meervoud, byvoorbeeld "myl - myle", "deur - deure" en "gesang - gesange" (AWS 13.2).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die dief het my handsak probeer gryp, maar ek het ........ daaraan vasgeklou.

2 % (afgerond)verbeete
1 % (afgerond)ferbete
ferbeete
96 % (afgerond)verbete 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



As dit by kattekwaad kom, is Frank gewoonlik die ........ .
voor-bok
1 % (afgerond)voor bok
99 % (afgerond)voorbok 

ʼn Samestelling ("voorbok") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voor" en "bok") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Heinrich was nog nie eens halfpad die koppie uit nie, toe is sy fut uit.
Wat is 'n sinoniem vir "fut" in bostaande sin?
1 % (afgerond)klere
4 % (afgerond)hemp
94 % (afgerond)drif 
1 % (afgerond)skoene

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Nog sinonieme vir "fut" sluit in: 'krag'; 'lus'; 'energie'; 'deursettingvermoë', ensovoorts.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
97% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties