2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 16 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-09-2024 só ingevul:



Die volgende ........ word om elfuur gelees.
1 % (afgerond)nuus-boeletin
3 % (afgerond)nuusboeletien
95 % (afgerond)nuusbulletin 
2 % (afgerond)nuus-buletien

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings. Die spelling "nuusboeletien" word nie deur die AWS erken nie.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



Die sog het haar hele ........ varkies verwerp.

82 % (afgerond)drag 
15 % (afgerond)broeisel
1 % (afgerond)skool
2 % (afgerond)pak

Die versamelnaam vir ʼn klomp klein varkies by een sog is "drag" (Engels 'farrow'). ʼn Mens kan ook praat van ʼn "werpsel" of "nes". (Bron: Groot Woordeboek)

Sien ook die bladsy Versamelname.



Liefhebbers van ........ kan die naweek uitsien na rugby, sokker en krieket.
22 % (afgerond)manssport
1 % (afgerond)man-sport
76 % (afgerond)mansport 
2 % (afgerond)mans-sport

Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Die gebruik van te veel alkohol veroorsaak die afsterwing van breinselle.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "afsterwing" in bostaande sin?
1 % (afgerond)eienaam
79 % (afgerond)abstrakte naamwoord 
1 % (afgerond)massanaam
19 % (afgerond)soortnaam

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "afsterwing", "godsdiens", "woede" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties