18 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-09-2024 só ingevul:
Oupa spog met twee verskillende soorte ........ in sy vrugteboord.
druiwepriële
druiweprieële
druiwepriele
druiweprieele
Die deelteken in "druiwepriële" dui vir ons aan dat die twee vokale "ie" nie as 'n diftong uitgespreek word nie, maar wel as twee verskillende klinkers.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Daar word later vanjaar 'n ........ in die land gehou.
plaaslike owerheids verkiesing
plaaslike owerheids-verkiesing
plaaslike-owerheids verkiesing plaaslikeowerheidsverkiesing
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "plaaslike" + selfstandige naamwoord "owerheid") en ʼn selfstandige naamwoord "verkiesing". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Die hoofstad van die Oos-Kaap is ........ .
Bisho Bhisho
Mthatha
Umtata
Bhisho beteken 'buffel' in Xhosa. Die ou spelling van dié stad is Bisho. Mthatha (voorheen Umtata) is een van die groot stede in die Oos-Kaap.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die idioom "iemand vertel hoeveel blou boontjies vyf is", beteken 'iemand berispe'. Blou boontjies het reeds in Nederlands die betekenis van 'koeëls' gehad weens die blouerige kleur van lood. Om iemand dus blou boontjies te wys is om hom koeëls te wys. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)