18 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 18-09-2024 só ingevul:
Ons wag net dat die boom ordentlik ........ voor ons hom snoei.
wortelskiet
wortel-skiet
wortel skiet
Wanneer 'n naamwoord ("wortel") plus 'n werkwoord ("skiet") met verloop van tyd 'n gespesialiseerde betekenis verkry, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
'n Mens moenie vergeet nie ........ Die Sabbat is gemaak vir die mens, en nie die mens vir die Sabbat nie.
,
; :
geen leesteken
Die dubbelpunt word voor ‘n aanvulling of ‘n verduideliking wat ná ’n voorafgaande sin verwag word, gebruik. Indien 'n volsin op 'n dubbelpunt volg, begin dié sin met 'n hoofletter. (Aanhaling uit Markus 2:27)
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.
Kuikens wat saam op een slag uitgebroei is, noem ons 'n ........ .
werpsel
swerm broeisel
skool
Versamelwoorde soos "broeisel" word slegs in die enkelvoud gebruik, al verwys dit na 'n versameling of groepering.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Daar is pragtige perde op die plaas ........ .
loeriesfontein Loeriesfontein
loeries-fontein
Loeries-fonteint
Geografiese name, byvoorbeeld plaas- en plekname, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)