2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-09-2024 (vlak 3)



vorige toets 20 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 20-09-2024 só ingevul:



Ons bure het die verbeelding aangegryp toe hulle destyds met 'n ........ gery het.
13 % (afgerond)1960-Karmann-Ghia-koepee
55 % (afgerond)1960-Karmann Ghia-koepee  
6 % (afgerond)1960 Karmann Ghia koepee
26 % (afgerond)1960 Karmann Ghia-koepee

In samestellings met eiename waar een deel van die samestelling los geskryf moet word, word die spasies in samestellings behou, byvoorbeeld "2-deur-Land Rover-motor" of "1954-Triumph TR2-afslaankap".
Sien ook die bladsy Samestellings.



Hy het op al die aanklagte teen hom ........ .
9 % (afgerond)skuld ontken
80 % (afgerond)skuld ontken of onskuldig gepleit 
11 % (afgerond)onskuldig gepleit

Om te sê dat jy (on)skuldig pleit, is tradisioneel as 'n anglisisme gesien. In talle moderne woordeboeke word "(on)skuldig pleit" wel as Standaardafrikaans gereken.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Die idioom "aan die krip staan", beteken ........ .
63 % (afgerond)'n goeie pos hê 
2 % (afgerond)in kraam wees
24 % (afgerond)karige kos hê om te eet
12 % (afgerond)water afslaan

Die idioom "aan die krip staan", beteken 'goed versorg wees' of ''n goeie pos hê'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ strek vanaf die Kantabriese See in die weste tot by die Kaap Creus aan die Middellandse See.
2 % (afgerond)Pirinese
12 % (afgerond)Pirenese
4 % (afgerond)Pirinee
82 % (afgerond)Pireneë 

Sommige plekname word verafrikaans. Die Afrikaans vir die Engelse "Pyrenees" is "Pireneë". 'n Uitgebreide lys van internasionale plekname in Afrikaans verskyn agter in die AWS.
Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Pireneë
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties