2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-09-2024 (vlak 2)



vorige toets 26 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-09-2024 só ingevul:



Wat is die ........ waaraan ’n mens vir die pos moet voldoen?
52 % (afgerond)slegs kriteria
1 % (afgerond)slegs kriterias
slegs kriteriums
47 % (afgerond)kriteria of kriteriums 

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is. Byvoorbeeld, "kriteria – kriteriums"; "Mexiko – Meksiko"; "restaurant – restourant"; "meestal – meesal".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



Die ........ biltong is glad nie lekker nie.
16 % (afgerond)uitgedroogte
32 % (afgerond)uitgedroogde
3 % (afgerond)uitgedroogdte of uitgedroogde
49 % (afgerond)uitgedroogde of uitgedroogte 

Voltooide deelwoorde wat op "f", "g" of "s" eindig, kry "-te" of "-de" in die attributiewe vorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.



'n ........ is 'n inwoner van die hoofstad van die Duitse deelstaat Beiere.
26 % (afgerond)Municher
19 % (afgerond)Münchenaar
52 % (afgerond)Münchener  
2 % (afgerond)Munichaan

Die hoofstad van die Duitse deelstaat Beiere staan in Afrikaans (net soos in Duits) bekend as "München" (Engels 'Munich'). 'n Inwoner van dié stad word 'n "Münchener" genoem. (Bron: AWS)
Sien ook die bladsy Plekname.



Die bottel is goed gekurk.
Wat is die woordsoort van "goed" in bostaande sin?
2 % (afgerond)voornaamwoord
64 % (afgerond)bywoord 
3 % (afgerond)selfstandige naamwoord
31 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe is die bottel gekurk? Die antwoord: goed.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
53% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties