2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 02 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 02-10-2024 só ingevul:



Hy het die aanbod om oorsee te gaan studeer (met albei hande) ........ .

geaangryp
97 % (afgerond)aangegryp 
geäangryp
3 % (afgerond)aan gegryp

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met “-ge-” (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Ek lees graag die ........ oor 4x4's.
4 % (afgerond)rebriek
rebruuk
95 % (afgerond)rubriek 
rubruuk

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak beklemtoonde posisie is (soos die "u" in "rubriek"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan verkeerdelik geskryf word as "rebriek").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Die verdrukte mense het in ........ teen die regering gekom.
1 % (afgerond)op stand
op-stand
1 % (afgerond)opgestand
98 % (afgerond)opstand 

ʼn Samestelling ("opstand") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("op" en "stand") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die woord "toon" in die volgende sinne is ’n ........ .
Jy moet jou paspoort by doeane toon.
Eina! Ek het my toon gestamp.
Ons gaan die lied een toon hoër sing.
3 % (afgerond)antoniem
1 % (afgerond)sinoniem
87 % (afgerond)homoniem 
10 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee of meer woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "toon" (‘wys’), "toon" (‘deel van ’n mens se voet’) en "toon" (‘musieknoot’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties