2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 03-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 03 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 03-10-2024 só ingevul:



Ek was baie ........ toe ek nie vir die operette gekies is nie.
te leur gesteld
97 % (afgerond)teleurgesteld 
teleur gesteld
3 % (afgerond)teleur gestel

ʼn Samestelling ("teleurgesteld") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("teleur" en "gesteld") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Ek het ........ in die verslag gehad, maar nie genoeg tyd om dit behoorlik te bestudeer nie.
1 % (afgerond)insa’s
13 % (afgerond)insaë
1 % (afgerond)insa’e
86 % (afgerond)insae 

Die "ae"-verbinding ("insae") in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.



Die appel val nie ver van die ........ af nie.
wa
bak
100 %boom 
tafel

Die idioom "die appel val nie ver van die boom af nie" beteken ‘die kind aard na sy ouer’. Die Engelse weergawe van hierdie spreekwoord is ‘like father, like son’ of ‘like mother, like daughter’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die Vaalrivier is die grootste takrivier van die ........ in Suid-Afrika.
96 %Oranjerivier 
3 % (afgerond)Oranje Rivier
oranjerivier
1 % (afgerond)oranje rivier

Geografiese name, byvoorbeeld die name van riviere en damme, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties