2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 11 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 11-10-2024 só ingevul:



Die woord "skep" in die volgende sinne is ’n ........ .
Die vroue skep met ʼn emmer water uit die rivier.
Die kunstenaar skep ’n kunswerk.
1 % (afgerond)sinoniem
89 % (afgerond)homoniem 
2 % (afgerond)antoniem
7 % (afgerond)homofoon

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "skep" (‘kos of water skep’) en "skep" (‘iets maak’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



Ek moes by ........ mense tuisgaan.
1 % (afgerond)vreemd
97 % (afgerond)vreemde 
freemd
1 % (afgerond)freemde

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("vreemd"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Idioom: ........ is die beste kok.
4 % (afgerond)Die muis
Kerneels
95 % (afgerond)Honger 
1 % (afgerond)Katrina

Die idioom "honger is die beste kok", beteken 'as 'n mens honger is, smaak alles lekker'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die sonskerm beskerm jou vel teen die skadelike strale van die son.
Die woordsoort van "beskerm" is 'n ........ .
2 % (afgerond)bywoord
97 % (afgerond)werkwoord 
voegwoord
1 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "beskerm" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
95% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties