2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 14 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-10-2024 só ingevul:



Met ʼn bietjie moeite behoort jy die verlangde ........ te verkry.
98 % (afgerond)resultaat 
1 % (afgerond)resultaad
reseltaat
1 % (afgerond)ruseltaat

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die "u" in "resultaat"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan geskryf word as "reseltaat").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Ná die afsterwe van hul moeder lê daar vir hulle ’n ........ Kersfees voor.
90 % (afgerond)droewige 
1 % (afgerond)drowige
9 % (afgerond)droewig
drowig

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("droewig"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Ek sal die ........ moet gaan sien om die vergroeisel uit te sny.
3 % (afgerond)Sjirurg
18 % (afgerond)sjirurg
74 % (afgerond)chirurg 
5 % (afgerond)Chirurg

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "chirurg", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.



Die woord "laag" in die volgende twee sinne is ’n voorbeeld van ’n ........ .
Die helikopter het laag oor die skool gevlieg.
Ek dink jy moet maar nog ’n laag verf aanbring.
5 % (afgerond)homofoon
93 % (afgerond)homoniem 
1 % (afgerond)sinoniem
1 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "laag" (‘nie hoog nie’) en "laag" (‘aanwending van byvoorbeeld verf’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties