2319 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 15-10-2024 (vlak 1)



vorige toets 15 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 15-10-2024 só ingevul:



Die Afrikaans vir die Engelse woord "computer" is ........ .
4 % (afgerond)komputer
92 % (afgerond)rekenaar 
4 % (afgerond)computer

Die Afrikaanse woord vir die Engelse "computer" is "rekenaar". Die woord "komper" word ook soms in 'n skertsende konteks gebruik.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



Elke ........ tel een punt.

92 % (afgerond)regmerk 
2 % (afgerond)reg merk
2 % (afgerond)regtemerk
4 % (afgerond)regte merk

ʼn Samestelling (“regmerk”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“reg” en “merk”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Dis my droom om ........ toe te gaan.
91 % (afgerond)Noordpool 
1 % (afgerond)noord-pool
3 % (afgerond)Noord-pool
5 % (afgerond)noordpool

Ingevolge reël 9.9 in die AWS word soortname wat as eiename optree met aanvangshoofletters (behalwe lidwoorde en voorsetsels) geskryf. Sommige koerante verkies egter om dit met kleinletters te skryf.
Sien ook die bladsy Soortname as eiename.



Die bekende hartchirurg, Christiaan Barnard, was 'n ........ van Beaufort-Wes.
2 % (afgerond)boordling
93 % (afgerond)boorling 
3 % (afgerond)boerling
2 % (afgerond)tweeling

Volgens die HAT is 'n "boorling" iemand wat op 'n bepaalde plek gebore is.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



TOTAALRESULTAAT:
92% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties