24 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-10-2024 só ingevul:
Dit is die sewende keer dat Olga aan die ........ deelneem.
wedloop wet-loop wetloop wed-loop
ʼn Samestelling ("wedloop") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("wed" en "loop") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Astrid hou van ’n ........ witwyn.
droë droeë drooge droog
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken ("droë"). Dit geld egter nie wanneer ’n "a" of ’n "o" voorafgegaan word deur ’n "e", "u" of "i" nie, byvoorbeeld "beantwoord", "geolie" en "aktuaris". Dit geld ook nie vir samestellings nie, byvoorbeeld "studie-eenheid" en "toe-eien".
Sien ook die bladsy Deelteken.
Franse parfuum is deesdae ........ .
goudduur peperduur muntduur soutduur
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf behalwe “wawyd oop”. Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Moenie so ʼn ........ wees nie, maak ʼn slag jou kamer aan die kant!
vuilvraat slonssool slonskous snolkous
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "slonskous", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter. ’n "Slonskous" is iemand wat onnet is.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)