30 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 30-04-2025 só ingevul:
Iemand het vir jou 'n pakkie by ontvangs ........ .
afgelewer geäflewer af gelewer geaflewer
Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, kry in die verlede tyd “-ge-”, byvoorbeeld "aflewer - afgelewer" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Die koster tree ná jare se ........ af.
dins duuns diens
In woorde van nie-Klassieke herkoms word die [i]-klank hoofsaaklik met "ie" geskryf (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die ma het haar astrante seun ʼn ........ gegee.
oorfeug oorfeeg oor veug oorveeg
ʼn Samestelling ("oorveeg") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("oor" en "veeg") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Iemand het rooiwyn op die tafeldoek gemors; nou sit daar 'n rooi vlek. 'n Sinoniem vir die woord "vlek" is ........ .
kol vorm patroon prentjie
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)