05 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-05-2025 só ingevul:
Katte is lui diere. Wat is die woordsoort van "lui" in bostaande sin?
voornaamwoord bywoord byvoeglike naamwoord lidwoord
Adjektiewe of byvoeglike naamwoorde beskryf die eienskap van die selfstandige naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “lui” kat. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “lui”, “luier”, “die luiste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Wanneer die besoeker onder die ........ se beskermende takke stap, dan het hy miskien die gevoel dat hulle maar daar hoort!
reus sederbome reuse sederbome reusesederbome reussederbome
Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.
Die munisipaliteit het ons huis op ʼn miljoen rand ........ .
takseer getakseer takseer of getakseer
By woorde wat uit twee lettergrepe bestaan en op "-eer" eindig ("takseer"), is die "ge-" in die verledetydsvorm opsioneel.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.
Ná herhaalde pogings om die jakkalse te beheer, is daar einde ten laaste besluit om 'n ........ saam te roep om die probleem op te los.
regiment jaggeselskap bende
Jagters bymekaar is 'n jaggeselskap; 'n bende is 'n groep rowers en baie soldate bymekaar is 'n regiment.
Sien ook die bladsy Versamelname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)