2553 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 11 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-03-2025 só ingevul:



Oor die afgelope kwartaal het ........ aansienlik gestyg.
3 % (afgerond)slegs eksport
48 % (afgerond)uitvoer of uitvoere 
7 % (afgerond)slegs uitvoer
43 % (afgerond)slegs uitvoere

Sommige woorde het nie 'n meervoudsvorm nie. Die woord "uitvoer" is voorheen beskou as so 'n woord. Volgens die jongste AWS het die woord egter 'n meervoudsvorm. Die enkelvoudsvorm kan egter steeds gebruik word.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



ʼn ........ motors het die president na die Parlement begelei.
11 % (afgerond)Kawalkade
14 % (afgerond)Kawelkade
16 % (afgerond)Kavelkade
60 % (afgerond)Kavalkade 

Vokaalreduksie kom voor wanneer ʼn vokaal wat in ʼn swak, beklemtoonde posisie is (soos die tweede "a" in "kavalkade"), verder verswak word tot ʼn [ə]-klank (en dan geskryf word as "kavelkade").
Sien ook die bladsy Vokaalreduksie.



Die gemeente het op ........ 'n diens.
1 % (afgerond)goeie vrydag
96 % (afgerond)Goeie Vrydag 
2 % (afgerond)goeie Vrydag
1 % (afgerond)Goeie vrydag

Die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae en feesgetye word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.



Die partytjie was baie vervelig – ........ , ek kon nie wag om huis toe gaan nie.
4 % (afgerond)trouwens
6 % (afgerond)tewens
90 % (afgerond)trouens 

Sommige woorde lyk soos sinonieme maar het verskillende nuanses of word verskillend gebruik, soos "tewens – trouens" en "mits – tensy". ʼn Mens moet gewoon hierdie woorde leer.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties