2553 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-03-2025 (vlak 2)



vorige toets 13 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-03-2025 só ingevul:



'n Sinoniem vir die woord "paddastoel" is ........ .
4 % (afgerond)champignon
95 % (afgerond)sampioen 
sampion
1 % (afgerond)sjampion

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



Ons behandel mense om hul ........ te verbeter.
99 % (afgerond)denkprosesse 
1 % (afgerond)denkprosessen
1 % (afgerond)denkpresessens
denkproseste

Naamwoorde wat op “b”, “d”, “f”, “g”, “k”, “p”, “s” en “t” eindig, kry ʼn “-e” in die meervoudsvorm (AWS 14.1).


Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Die geldeenheid van Duitsland is die ........ .

37 % (afgerond)Euro
15 % (afgerond)Duitse Mark
44 % (afgerond)euro 
4 % (afgerond)mark

Die name van geldeenhede begin met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Daar is bevind dat die burgemeester sommige kandidate vir die pos begunstig het.
Die woordsoort van die woord "begunstig" is 'n ........ ?
18 % (afgerond)beskrywende hoofwerkwoord
4 % (afgerond)statiese hoofwerkwoord
65 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
13 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord

In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die burgemeester begunstig die kandidate. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" of "Wie?" is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik, byvoorbeeld: Die burgemeester beskerm onregmatig. 'n Mens kan dit maklik vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Hoe?" is.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties