2472 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 12-05-2025 (vlak 3)



vorige toets 12 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 12-05-2025 só ingevul:



Ja, swaer, dit gaan vanoggend maar so ........ .
4 % (afgerond)hakentak
10 % (afgerond)hak en tak
84 % (afgerond)hak-en-tak 
2 % (afgerond)hakkentak

Die woord "hak-en-tak" is 'n volksetimologiese vorm van die Nederlandse "hakketakken" wat 'twis' of 'kibbel' beteken. In Afrikaans kan dit ook beteken dat dinge nie voorspoedig verloop nie. Ons kan ook sê: "Hulle het gehak-en-tak" om te verwys na mense wat met mekaar gestry het.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.



Idioom: Met huitjie en ........ vandaan gaan.
3 % (afgerond)velletjie
86 % (afgerond)muitjie 
2 % (afgerond)buikie
9 % (afgerond)kruidjie

As jy sak en pak vertrek, sê ons in die idioom jy gaan met huitjie en muitjie vandaan.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Verbruikersregte was bo-aan die agenda tydens die ........ .
86 % (afgerond)tweedehandsehandelaarsforum 
tweede handse handelaarsforum
tweede-handsehandelaarsforum
13 % (afgerond)tweedehandse handelaarsforum

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "handelaar") en ʼn selfstandige naamwoord "forum". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die Afrikaans vir die Engelse woord "sodium" is ........ .

12 % (afgerond)sodium
1 % (afgerond)natriet
74 % (afgerond)natrium 
13 % (afgerond)soda

Sommige elemente is maklik om van Engels af te lei, byvoorbeeld "calsium - kalsium", "neon - neon", "manganese - mangaan". Ander elemente is moeiliker en moet geleer word, byvoorbeeld "sodium - natrium", "potassium - kalium".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties