19 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-03-2025 só ingevul:
Terrance het vir hom 'n splinternuwe ........ met 'n afslaankap aangeskaf.
sport motor sports motor sportmotor sportsmotor
Samestellings met die woord "sport" kry nie in Afrikaans 'n verbindingsklank nie. By samestellings wat nie 'n verbindingsklank neem nie, is dit 'n fout indien dit wel met 'n verbindingsklank geskryf word (AWS 19.12).
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Boere het groot skade gely met die hewige ........ wat vroeër vandag uitgesak het.
haalbui haelbui haëlbui haëlby
Die “ae”-verbinding in eg Afrikaanse woorde kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.9).
Sien ook die bladsy Deelteken.
Jy kan maar ontspan, ons staan ........ agter jou!
paalvas klipvas rotsvas bankvas
Ons praat onder meer van 'n "rotsvaste geloof" en 'n "paalvaste blik/kyk".
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.
Die geestelike leier van ʼn Joodse gemeente is 'n ........ .
rabi rabie rabbi Rabbie
ʼn Persoonsnaam is ʼn selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “rabbi”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)