2513 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-05-2025 (vlak 1)



vorige toets 01 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 01-05-2025 só ingevul:



Ek was vanoggend so ........ dat ek my trui binnestebuite aangetrek het.
2 % (afgerond)oor haastig
9 % (afgerond)oorhastig
88 % (afgerond)oorhaastig 
oor-hastig

ʼn Samestelling ("oorhaastig") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("oor" en "haastig") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



As jy jakkalse op jou plaas wil beheer, moet jy weet waar hulle ........ is.
3 % (afgerond)leplekke
5 % (afgerond)leeplekke
91 % (afgerond)lêplekke 
1 % (afgerond)lëplekke

Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek, byvoorbeeld “sê”, “hê” en “lêplek”.
Sien ook die bladsy Kappie.



Mamma lyk alte spoggerig met die ........ pêrels wat Pappa vir haar gekoop het.
1 % (afgerond)span
96 % (afgerond)string 
3 % (afgerond)tros

Ons verwys na pêrels wat in 'n lyn ingeryg is, as 'n string pêrels; druiwe of piesangs kom aan 'n tros; 'n span is osse of spelers.
Sien ook die bladsy Versamelname.



Die meerderheid inwoners van ........ praat Afrikaans.
Water-kloof
1 % (afgerond)Water Kloof
98 % (afgerond)Waterkloof 
waterkloof

Geografiese name, byvoorbeeld van dorpe, stede en woonbuurte, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties