11 JUN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-06-2025 só ingevul:
Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes het twee ........ en vier altvioliste.
oboiste hoboïste hobo-iste hoboiste
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Hulle het ........ geloop, maar het steeds verdwaal.
padlangs pad-langs pad langs
Samestellings word vas geskryf. In hierdie geval bestaan die samestelling uit 'n naamwoord en 'n setsel.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Namibië is eers ........ genoem.
Suidwesafrika Suidwes-Afrika Suid Wes Afrika Suid-wes-Afrika
Indien 'n windrigting in 'n naam aangedui word, begin die rigtingkomponent ook met 'n hoofletter. Dit geld ook vir saamgestelde rigtingkomponente ("suidwes").
Sien ook die bladsy Plekname.
Hy het 'n geneentheid ........ die Nederlandse letterkunde.
aan oor vir op
Volgens die Tweetalige Voorsetselwoordeboek sê ons "geneentheid vir iets", terwyl 'n mens ook dikwels "geneentheid tot iets" hoor; laasgenoemde is ook nie verkeerd nie. "Geneentheid vir" beteken 'liefde of positiewe gevoel vir'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)