2441 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-06-2025 (vlak 2)



vorige toets 06 JUN Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-06-2025 só ingevul:



Die dokter het ........ die gewone dosis voorgeskryf.
76 % (afgerond)dubbel 
24 % (afgerond)dubbeld

Waar sekere klanke in 'n woord verkeerdelik bygevoeg word (soos in die foutiewe "dubbeld"), noem ons dit klanktoevoeging.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.



Idioom: 'n Mens kan 'n ........ hoor val.
baksteen
hamer
100 % (afgerond)speld 
hoed

Hierdie idioom beteken 'dit was skielik baie stil'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ma ........ .
95 % (afgerond)pas die baba op 
4 % (afgerond)pasop die baba
oppas die baba
die baba oppas

Skeibare werkwoorde word in bepaalde gevalle los of vas geskryf, byvoorbeeld “Die ma pas haar baba op.” en “Oppas dat jy nie die baba laat val nie!”
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die sewejarige violis word as ʼn musikale fenomeen bestempel.
Wat is die woordsoort van "fenomeen" in bostaande sin?
8 % (afgerond)eienaam
85 % (afgerond)soortnaam 
4 % (afgerond)versamelnaam
3 % (afgerond)massanaam

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "fenomeen", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
89% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties