26 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-05-2025 só ingevul:
Hy het 'n vae beskrywing van die huis gegee. Wat is die woordsoort van die woord "vae" in bostaande sin?
attributiewe adjektief adverbiale adjektief predikatiewe adjektief
'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n vae beskrywing”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die beskrywing is vaag".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Sy was ........ om hom te sien.
stom verbaas stomverbaas stom virbaas stomvirbaas
ʼn Samestelling (“stomverbaas”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“stom” en “verbaas”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Hierdie ........ is baie kleiner as die ander wat ons gister in die veld gesien het.
akkedistjie akkedissetjie akkedissie akkediskie
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die soldate het vir ontspanning die menasie besoek. 'n Sinoniem vir "menasie" is.
kroeg soldate-eetplek gimnasium bordeel
Die woord "menasie" is 'n leenwoord uit Frans ("ménage") en verwys na die plek waar soldate hulle porsies kos ("mes" in Oudfrans) gekry het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)