2286 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-07-2025 (vlak 2)



vorige toets 11 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 11-07-2025 só ingevul:



Anton glo vas dat God dit so ........ het dat hy ongedeerd uit die wrak kon stap.
bustier
34 % (afgerond)bestuur
1 % (afgerond)bustuur
64 % (afgerond)bestier 

Wanneer die vokaalklank [i:] van die woord "bestier" oorrond word tot [y:], verander die betekenis, omdat 'n ander woord ("bestuur") dan uitgespreek word. "Bestier" beteken 'beskik'. "Bestuur", daarenteen, beteken 'rigting gee of lei'.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.



Iemand wat sagteware vir rekenaars ontwikkel, word 'n ........ genoem.
7 % (afgerond)rekenaartegnikus
93 % (afgerond)rekenaarprogrammeerder 

'n Rekenaarprogrammeerder ontwikkel rekenaarprogramme oftewel sagteware. 'n Rekenaartegnikus bou en herstel stukkende rekenaars.
Sien ook die bladsy Persoonsvorme.



Een afdeling van die vraestel bestaan uit ........ .
3 % (afgerond)veelvuldige keuse vrae
1 % (afgerond)veelvuldige keuse-vrae
32 % (afgerond)veelvuldige keusevrae
64 % (afgerond)veelvuldigekeusevrae 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "veelvuldigekeusevrae", "plaaslikeregeringsverkiesing", "konstantesnelheidslasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



As die gehoor baie beïndruk is met ’n solis se spel, sal hulle " ........ " skree, en die solis sal ’n toegif speel.
89 % (afgerond)encore 
1 % (afgerond)enkor
2 % (afgerond)ankor
8 % (afgerond)ancore

Vreemde woorde ("encore") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties